Scheffler behaal weer ‘n eerste!

Die wêreld-nommereen Scottie Scheffler, het die eerste speler geword wat sy titel by die Spelerskampioenskap suksesvol verdedig. Die Amerikaner, wat met ‘n nekbesering gesukkel het, het in die laaste ronde ‘n agterstand van vyf houe oorkom en die 50ste PGA-toer-vlagskiptoernooi met ‘n agt-onder 64 gewen. Hy het op 20 onder, een hou voor sy mede-Amerikaners Brian Harman, Xander Schauffele en Wyndham Clark klaargemaak. Scheffler sê, die oorwinning is vir hom spesiaal omdat hy met ‘n besering gespeel het: