Scana vestig hom plaaslik oor oliebedryf

Die Noorse maatskappy Scana het internasionaal uitgebrei deur die vestiging van ‘n filiaal in Namibië. PSW Technology wat deur Scana besit word, volg sleutelkliënte, insluitend Odfjell Drilling en Northern Ocean, om boorbedrywighede by te staan met ‘n verskeidenheid dienste. Volgens die maatskappy se besturende direkteur Richard Cornell, is Namibië ‘n brandpunt van olie- en gaseksplorasie en die vestiging van bedrywighede in die land is ‘n strategiese besluit.