Save the Rhino Trust het uiters goeie 2023 agter die rug

Daar was geen renosterstropery in die Kunene- en Erongo-streke aan die einde van ‘n wonderlike jaar vir die Save the Rhino Trust nie. Dit is ‘n groot verbetering vanaf ‘n paar jaar gelede. Volgens ’n studie deur die Namibiese Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie en die Universiteit van die Vrystaat, was een van die gebiede met die hoogste koerse van wildstropery egter die Erongo-streek, dwarsdeur die tydperk 2015 tot 2020. Simson !Uri-≠Khob, die hoof uitvoerende beampte van die trust, het hul prestasies met Kosmos 94.1 Nuus bespreek.