Save South Africa vra deportasie van Ethiopiërs
Die Save South Africa-burgerlike beweging het hom aangesluit by ander gemeenskapsforums en aktiviste in die land en doen ‘n beroep vir die massa-deportasie van Ethopiese burgers. Tebogo Mashilompane van die beweging sê Ethiopiese burgers ondermyn steeds Suid-Afrika se soewereiniteit. Hy doen ‘n beroep op die minister van Polisie, Senzo Mchunu, om teen amptenare op te tree wat korrupsie toelaat.