Save South Africa prys Gayton McKenzie

Die Save South Africa burgerlike beweging sê hy is bemoedig deur die werk van die nuwe minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie. Die minister het dié week ‘n einde gebring aan alle gratis reise van sport-superaanhangers en sê die geld wat die departement daarop uitgee, kan beter êrens anders aangewend word. Hy het ook die name van atlete en kunstenaars gepubliseer wat befondsing van die departement ontvang tydens die Covid-19-pandemie. Tebogo Mashilompane van die beweging sê McKenzie kry dinge gedoen.