Savanna wil 50 000 speenkalwers plaaslik verwerk

Ekonome en landbou-kenners kritiseer gereeld die praktyk van Namibiese produsente om speenkalwers op die hoef uit te voer na voerkrale in die buurland. In ‘n onlangse ontleding deur High Economic Intelligence, is daar gesê dat 2,7 miljoen bees op die hoef uitgevoer na Suid-Afrika tussen 2010 en 2022. Nou kom die nuus dat Savanna Beef Processors van Mecki Schneider beplan om die land se waardeketting te stabiliseer deur ‘n addisionele 50 000 speenkalwers vir plaaslike produksie en slagting te behou. Hierdie stap het ten doel om die uitvoer van lewendige vee na voerkrale in die buurland te verminder.