Savanna se aanleg vorder goed, op dreef vir Junie ’25 sperdatum
Konstruksie van Savanna Beef Processors se abattoir vorder flink. Die aanleg is 25 kilometer Suid van Okahandja by die Teufelsbach-afrit aan die oostekant van die A1-snelweg geleë. Die voorkeurtender is deur die Nexus Group en Emcom Consulting Engineers ingedien. Kosmos 94.1 Nuus het die jongste by die voorsitter van die Beesvleis Waardekettingsforum, Mecki Schneider…