Savanna Beef begin eie uitvoer-abbatoir bou

Savanna Beef het ‘n lening van 150 miljoen Namibiese dollar gekry om die bou van ‘n moderne uitvoerabattoir te finansier. Die ontwikkeling kom ná ‘n samewerkingspoging wat deur die Bees-waardekettingforum, BVCF, gelei is en deur Cirrus Capital gefasiliteer is. Konstruksie van die abattoir is nou amptelik aan die gang. Savanna verwag dat die fasiliteit die kapasiteit sal hê om ‘n bykomende 50 000 speenkalwers vir slagbeesproduksie te behou deur ‘n positiewe speenkalf-tot-slagbees prysverhouding.