Sauma moet meer skenkings ontvang

Die Stampriet Aquifer Uranium Mining Association, Sauma, het onlangs by ‘n geleentheid in die hoofstad ‘n opdatering van hul werksaamhede gegee. Sauma is gekant teen enige uraan-mynbedrywighede in die Stampriet-bekken, veral deur die loog-metode, omdat dit die akwifeer kan besoedel. Volgens Tanja Dahl, ‘n lid van die bestuurskomitee, is Sauma se standpunt steeds dat sodra loodstoets-mynbou-inisiatiewe begin, die grondwater besoedel sal word. Dahl beklemtoon dat skenkings aan Sauma besig is om op te droog.