Sassa-betaalstelsel moet ondersoek word

Die Parlementêre Portefeuljekomitee vir Maatskaplike Ontwikkeling vra vir ʼn ondersoek na gebreke in die betaalstelsel van die toelae vir die Verligting van Maatskaplike Nood. Dit volg nadat twee studente van die Universiteit Stellenbosch in ʼn studie bevind het hulle is vir die toelae geregistreer sonder dat hulle ooit aansoek gedoen het. Minister Sisisi Tolashe het onderneem om binne 30 dae ʼn verslag voor te lê: