Sasria: Geen versekeringsdekking tydens onluste

Die Suid-Afrikaanse Spesiale Risiko-versekerings-vereniging het aangekondig dat hy nie meer dekking bied vir skade aan eiendom wat veroorsaak is tydens onluste en betogings wat kan uitbreek indien die land se kragnetwerk ineenstort nie. Sasria se aankondiging vandag kom kort op die hakke van soortgelyke aankondigings vroeër vanjaar deur van die land se groot kort-termyn-versekeraars dat hulle in die toekoms ook nie verbruikers en besighede dekking sal bied teen verliese en skade wat deur die krag-onderbrekings veroorsaak word nie. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt…