Sasria dek openbare onrus

Baie sakeondernemings in Suid-Afrika het die afgelope paar dae finansiële verliese gely as gevolg van die verwoesting van eiendom, plundering van goedere en ontwrigting van handelsure. Dit laat eienaars van ondernemings wonder of hul versekering hierdie verliese sal dek. Die uitvoerende hoof van die versekeraars Hippo.co.za, Bradley du Chenne, sê die Suid-Afrikaanse Risiko Versekeringsvereniging bestaan vir hierdie doel. Hy verduidelik Sasria is ‘n staatsonderneming wat spesiale dekking aan individue en sakeondernemings teen risiko’s soos openbare onrus bied: