SARB sê vandag oor repokoers, maar wat sal BoN in Desember sê

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se monetêre beleidskomitee vergader vandag om oor ‘n potensiële rentekoersverlaging te besluit. In September het die bank die repokoers met 25 basispunte tot 8 persent verlaag. Die Bank van Namibië se monetêrebeleidskomitee het rentekoerse op 15 Oktober met 25 basispunte tot 7,25 persent verlaag, met sy volgende vergadering wat vir 3 Desember geskeduleer is. Salomo Hei, ekonoom en besturende direkteur van High Economic Intelligence gee sy voorspelling.