SARB sal moet rentekoerse verhoog, rand is te swak
Die meeste ekonome en beleggingspesialiste verwag nog ‘n rentekoers-verhoging van die Suid-Afrikaanse Reserwebank wanneer sy Monetêre Beleidskomitee op 25 Mei vergader. In Maart het die bank die mark verras toe hy die koers met 50 basispunte verhoog het, ‘n toename in die repokoers tot 7,75 persent en die prima uitleenkoers tot ‘n 14-jaar hoogtepunt van 11,25 persent. Dit was die negende opeenvolgende rentekoers-verhoging sedert November 2021. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Klopper, gepraat oor wat sy voorspellings vir die repokoers is, veral ná die onlangse verswakking van die Suid-Afrikaanse rand.
Sou die Suid-Afrikaanse sentrale bank weer rentekoerse opstoot, al is dit net met 25 basispunte, sal Namibië dan 75 basispunte agter die buurland wees. Die Bank van Namibië se repokoers is tans op 7,25 persent met die volgende aankondiging wat op 14 Junie verwag word.