SARB moet rentekoerse verlaag

Die Vereniging van Staatsamptenare waarsku teen ʼn verhoging van die rentekoers met die Beleidskomitee van die Suid-Afrikaanse Reserwebank wat vandag vergader. Baie sukkel nog met die nagevolge van die Covid-19-pandemie en die VSA benadruk die moontlike negatiewe uitwerking op werkers in die Staatsdiens en die ekonomie. ʼn Woordvoerder van die vereniging, Ruben Maleka, vra die komitee om sy besluit met deernis en verantwoordelikheid te neem, Maleka versoek die komitee om ʼn verlaging in die terugkoopkoers te oorweeg, wat broodnodige verligting vir werkers sal meebring wat finansieel swaarkry.