Sarafina by 76ste Cannes-filmfees vertoon

Sarafina is gekies om vertoon te word by die 76ste Cannes-filmfees in Frankryk, wat komende Dinsdag begin. Die 1992-musiekblyspel met sterre soos Leleti Khumalo, die Academy-wenner Whoopi Goldberg, Miriam Makeba, Mbongeni Ngema en John Kani, is die fees se amptelike keuse vir Cannes Classics. Hierdie afdeling is volgens die fees daarop gemik om erkenning te gee aan flieks wat as gehaltewerk beskou word en wat bygedra het tot die ontwikkeling van die wêreld se rolprentkuns.