SAPU vra streng optrede na Lusikisiki

Die Suid-Afrikaanse Polisie-unie vra versterkte misdaad-intelligensie in landelike gemeenskappe na die moord verlede naweek op 18 mense in Lusikisiki in die Oos-Kaap. Die woordvoerder van SAPU Lesiba Thobakgale beklemtoon die behoefte aan proaktiewe polisiëring om massamoorde en ander misdade te voorkom. Hy vra ook ‘n groter polisieteenwoordigheid in brandpunte en sterker intelligensiepogings landwyd: