SAPS sê hy berei voor vir ‘nasionale optrede’ môre

Die Suid-Afrikaanse polisie is op ‘n hoë gereedheidgrondslag te midde van dreigemente oor ‘n nasionale optrede môre. Dit volg nadat ongetekende boodskappe en plakkate op verskeie sosiale media platforms gesirkuleer is, waarin ‘n nasionale optrede aangevra is. Lede van die publiek word gewaarsku om nie sulke boodskappe te versprei, wat poog om gemeenskappe te mobiliseer nie. ‘n Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die polisie hou die situasie fyn dop en wetstoepassingsbeamptes is ontplooi om enige vorm van misdaad te voorkom en te bekamp: