SAPS kry R70m se dwelms by Durban-hawe
Die polisie het op ʼn vaartuig in die Durbanse hawe in KwaZulu-Natal beslag gelê op kokaïne met ʼn beraamde straatwaarde van 70 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Die polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê beamptes by die hawe het die vaartuig wat van Brasilië na Suid-Afrika op pad was, dopgehou. Sy sê 200 blokke kokaïne is in 20-liter verfhouers gevind. Mathe sê die kokaïne is na ʼn privaat pakstoor geneem om verwerk te word: