Sapra maan teen ekonomiese uitwerking van brandstofprysverhoging
Die Suid-Afrikaanse Petroleum-kleinhandelaarsvereniging, Sapra, waarsku oor die ekonomiese uitwerking van verhoogde internasionale brandstofpryse. Dit volg nadat brandstofpryse vanoggend in Suid-Afrika gestyg het. Die adjunk-voorsitter van Sapra, Lebo Ramolahloane, beklemtoon moontlike inflasionêre druk en die uitwerking daarvan op verbruikersbesteding en monetêre beleidsbesluite. Ramolahloane sê die styging in brandstofpryse sal ondernemings wat staatmaak op vervoer en logistiek, direk beïnvloed, huishoudelike begrotings strem en produksiekoste vir nywerhede verhoog, wat indiensneming sal raak. Ramolahloane vra regeringsingryping om die impak te versag.