SAPD waarsku EFF oor geweld, wetteloosheid met optog

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het gewaarsku geen wetteloosheid sal geduld word tydens Maandag se beplande nasionale stilstand nie. Die EFF sal die strate invaar uit verset teen beurtkrag en eis dat President Cyril Ramaphosa moet bedank. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, het herhaal wetstoepassing sal op ‘n hoë gereedheidsgrondslag wees om geweld of misdadige gedrag tydens betogings te voorkom: