SAPD vernietig meer as 18 000 vuurwapens

Die Suid-Afrikaanse polisie het meer as 18 000 vuurwapens, vuurwapen-onderdele en ammunisie in Vanderbijlpark, in Gauteng, vernietig. Die vernietigingsoperasie was gerig op vuurwapens wat in misdade gebruik word, insluitend transitorooftogte en geslagsgeweld-sake. Dit is die tweede keer in die 2023/2024-boekjaar dat wapens vernietig word, met Gauteng die provinsie waar die meeste vuurwapens, naamlik 3 389, vernietig is. Met Operasie Shanela is daar sedert Mei verlede jaar op 4 000 onwettige vuurwapens beslag gelê, wat tot 10 000 inhegtenisnemings gelei het.