SAPD soek 10 000 jongmense om op te leiAugust 15, 2023

Terwyl Namibië se rekrute reeds twee weke gelede vir opleiding aangemeld het, het die Suid-Afrikaanse Polisiediens met sy werwingsproses begin, met die doel om ‘n bykomende 10 000 jongmense op te lei en toe te rus om as polisiebeamptes te dien. Die ouderdomsbeperking vir nuwe studente is verhoog tot 35. ‘n Kriminoloog in die buurland, Kholofelo Rakubu, sê voorkeur moet gegee word aan gegradueerdes in strafreg. Sy sê die werwingsveldtog het ten doel om wetstoepassings-geledere te versterk en nuwe misdaadbestryders te lewer: