SAPD nie konsekwent met landelike misdaad nie
Die buurland se landbou-organisasie TLU-SA sê hy is bekommerd omdat die polisie nie konsekwent optree wanneer hulle aan sake aandag gee nie. Hulle daag óf nie op nie, óf gebruik onnodig oormatige geweld. Dit volg nadat twee vroulike boere en ‘n man in die Vrystaat in hegtenis geneem is en die polisie hulle na bewering gewelddadig behandel het nadat hulle probeer het om beweerde veediewe in Verkeerdevlei aan te keer. ‘n Lid van TLU-SA, Bertus van der Westhuizen, sê boere tree uit moedeloosheid en hopeloosheid op, omdat die polisie nie misdaad doeltreffend voorkom of daarteen optree nie.