SAPD moet liggaams-kameras kry
Die DA vra die dringende instelling van liggaams-kameras om polisiewreedheid en –geweld teen te werk. Die party sê die onlangse gewelddadige voorval waarby adjunkpresident Paul Mashatile se bloulig-boelies betrokke was, beklemtoon die noodsaaklikheid vir optrede binne die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Andrew Whitfield van die party sê ondanks die polisie se aanvanklike aankondiging van planne vir liggaams-kameras in 2019, en die minister van Polisie, Bheki Cele, wat die besluit in Mei beklemtoon het, is geen kameras nog bekom of in gebruik geneem nie: