SAPD brei Joslin-soektog uit, bloedklere gevind
Die Wes-Kaapse polisie sê die soektog na die vermiste Joslin Smith in Saldanhabaai is uitgebrei met hommeltuie en soek-en-reddingshonde. Dit volg nadat klere met bloedvlekke op wat volgens berigte aan die sesjarige meisie behoort, Saterdagaand in ʼn oop veld in Middelpos gevind is. Die polisiewoordvoerder, Malcolm Poje, sê as gevolg van die tyd wat verloop het sedert Joslin as vermis aangemeld is, gebruik die soekspanne en ondersoekers verskillende benaderings: