SAPD behaal groot sukses
Die polisie het die afgelope sewe dae landwyd 14 157 verdagtes deur middel van Operasie Shanela gearresteer. Dit sluit in 159 vir moord, 271 vir verkragting en 334 dwelmhandelaars. Die polisie het 250 padblokkades en ander operasies uitgevoer en 70 gesteelde voertuie teruggevind. Woordvoerder Athlenda Mathe sê ‘n ontvoerde sakeman is gered en ‘n groot aantal transito-rowers en edelmetaaldiewe is vasgetrek: