SAOG vergader weer oor cholera

Die Raad van Ministers van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap het in Lilongwe, Malawi, vergader om aandag te skenk aan die dringende behoefte aan maatreëls om cholera-uitbrekings in lidlande te voorkom en te beheer. Die uitvoerende sekretaris van die SAOG, Elias Magosi, sê die besprekings het die noodsaaklikheid van ‘n omvattende reaksie op globale, nasionale en streeksvlakke beklemtoon. Hy sê die raad beoog om samewerking te bevorder rondom cholera-epidemies, waterverwante siektes en klimaatverwante openbare gesondheidsnoodgevalle: