SAOG-spitsberaad ‘sal niks doen vir menseregte in Zimbabwe’

Zimbabwe bied die naweek die spitsberaad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap aan. Die jaarlikse beraad dien as die liggaam se beleidmakende instelling en word bygewoon deur leiers van die 16 lidlande, ook Namibië. Zimbabwe neem vanjaar die voorsitterskap oor by Angola. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Setfree Mafukidze, ‘n Zimbabwiese aktivis, oor of die beraad enigiets vir menseregte in die land sal beteken.