SAOG-spitsberaad in Harare het goeie opkoms ondanks omstrede kwessies

Die 44ste Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskapsberaad in Harare is opmerklik goed bygewoon. Van die 16 lidstate was daar slegs drie afwesig – Haikainde Hichilema van Zambië, Azali Assoumani van die Comores en Prithvirajsing Roopun van Mauritius. President Emmerson Mnangagwe van Zimbabwe is as die nuwe SAOG-voorsitter aangewys. Betekenisvolle besluite wat op die beraad geneem is, sluit in die verwydering van Eswatini van die troika-liggaam oor Politiek, Verdediging en Veiligheidsamewerking, terwyl Lesotho aangesê is om verkiesingshervormings te bespoedig.