SAOG-leiers moet ware kwessies aanspreek
Die SAOG-leiers sal op 17 Augustus by die 43ste Gewone SAOG-beraad van staatshoofde in Luanda, Angola, vergader. Die beraad sal onder andere ook kwessies van strategiese belang vir die streek bespreek. Dit sluit in onder meer ‘n oorsig van die streeks-ekonomie, vrede en veiligheid in die streek, finansies en beleggings, en voedsel- en voedingsekuriteit. Professor Nixon Kariithi, ‘n mediastrateeg en -ontleder in Suid-Afrika, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor wat die Afrika-leiers met hierdie vergaderings kan bereik.