SAOG justisieministers vergader in DRK oor verskeie aspekteJuly 17, 2023
Ministers van justisie en prokureurs-generaal van die SAOG-streek sal die week Donderdag in Kinshasa in die DRK vergader om verskeie konsepverklarings en die optrek van wetgewing te evalueer. Dit sluit in die pogings om MIV/vigs as openbare gesondheidskrisis te beëindig sowel as die hoeveelheid mense in die streek wat aan die siekte ly te verminder. Arbeidskwessies en veral ‘n streeksraamwerk om billike arbeids- en werkspraktyke bevorder sal ook onder die loep kom. Minimumstandaarde vir indiensneming in die SAOG-streek moet ook geïmplementeer word. In terme van handel, sal die verklaring en vordering van voorkeur-handel in suiker in die SAOG-streek oorweeg word wat protokolle vir voorkeur toegang vir lidlande wat nie suiker produseer nie insluit.