SAOG in Harare, beraad kyk na DRK
Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap is besorg oor die voortslepende veiligheidsituasie in die Demokratiese Republiek van die Kongo. Daar vind tans ʼn beraad in Harare, Zimbabwe, plaas om oplossings vir die kwessies te vind. Die uitvoerende sekretaris van die SAOG, Elias Magosi, sê dringende ingrypings vind tans plaas om ‘n humanitêre krisis in die streek te help voorkom.