Saoedi’s bring derde aansoek teen Boulter 

’n Saoedi-Arabiese maatskappy en vyf Saoedi-beleggers het die derde aansoek in die Windhoek-hoërhof gebring teen die Britse sakeman en plaaseienaar Harvey Boulter. Die maatskappy Tebrak Trading and Contracting vra regter Eileen Rakow om ‘n bevel wat hulle in Dubai se hof gekry het, plaaslik af te dwing. Daardie bevel handel oor net meer as 2,4 miljoen Britse pond wat Tebrak en sy vyf lede in Boulter se maatskappye belê het. Hulle vra ook rente op die fondse sowel as regskostes. Hulle voer aan hulle het die geld belê in Boulter se Porton-groep maar, hy het die fondse verduister en vals aandeelsertifikate uitgereik. Boulter verdedig.