Saoedi-Arabië oorweeg aanbod van China vir bou van kernkragsentrale
Saoedi-Arabië oorweeg ‘n aanbod van die Chinese Nasionale Kernkorporasie om ‘n kernkragsentrale in die land te bou. Die aanleg sal naby die grens met Katar en die Verenigde Arabiese Emirate geleë wees. Saoedi-Arabië beoog om ‘n binnelandse kernenergiebedryf te ontwikkel om minder afhanklik te wees van olie. Die stap volg nadat die land en China ‘n beleggings-transaksie van 186 miljard Namibiese aangekondig het tydens ‘n sakeberaad in Rijaad in Junie. Dié moontlike vennootskap weerspieël die nouer bilaterale bande tussen die twee lande.