Saoedi-Arabië ondersoek die moontlikhede van ontsoute water

Saoedi-Arabië se ministerie van die Omgewing, Water en Landbou, het met ‘n studie oor die gebruik van ontsoute seewater vir die landbou begin. Volgens die Saoedi Persagentskap sal die studie die moontlikheid van vernuwende energiebronne ondersoek, asook die gebruik van ‘n mengsel van ontsoute seewater en herwonne behandelde water. Die koninkryk mik daarna om teen 2025 nege-miljoen kubieke meter drinkwater te produseer.