Saoedi-Arabië kry dalk eerste drankwinkel in 72 jaar

Saoedi-Arabië beplan om ʼn winkel in Riyadh te open wat drank aan ʼn uitverkose groep nie-Moslem buitelanders sal verkoop. Dit sal die eerste winkel van dié aard wees in 72 jaar. Die kliënte sal beperk word tot diplomatieke personeel wat reeds vir jare alkohol invoer in verseëlde amptelike pakkies bekend as diplomatieke sakke. Saoedi-beamptes sê die winkel sal die onwettige handel in alkohol teenwerk. Volgens die BBC is die drankverbod sedert 1952 van krag, nadat een van die seuns van koning Abdulaziz ‘n Britse diplomaat in sy dronkenskap doodgeskiet het.