SANW sal polisie bystaan in landwye stilstand

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sal landwyd militêre steun verskaf in ʼn poging om enige soort geweld te voorkom gedurende Maandag se landwye verset, wat deur die EFF gereël is. Volgens die hoof van die SANW, Rudzani Maphwanya, sal Operasie Prosper, wat deur die provinsiale gesamentlike operasionele en intelligensiestrukture beheer word, die SAPD van vandag af ondersteun. Hulle mandaat is om hulle toe te spits op nasionale sleutelpunte wat bedreig word, en te reageer op situasies wat buite die beheer van wetstoepassingsagentskappe val.