SANW bevestig Leërhoof is in Moskou

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag bevestig die hoof van die SA Leër, luitenant-generaal Lawrence Mbatha, is tans in die Russiese hoofstad, Moskou, vir ‘n vooraf beplande bilaterale vergadering. Die weermag sê die jarelange reëling bevestig die sterk militêre bande tussen die twee lande. Woordvoerder Andries Mahapa sê Mbatha sal invloedryke instellings soos die hoër gekombineerde Leër-akademie en die Artillerie Militêre Akademie besoek. Volgens Mahapa sal Mbatha ook persoonlike gesprekke met Russiese militêre amptenare voer.