Santos staar 13 klagte in die gesig
Die Republikeinse kongreslid George Santos is aangekla van bedrog, geldwassery en diefstal van openbare fondse. In ‘n klagstaat van 13 aanklagte beweer aanklaers hy het veldtogfondse gebruik vir persoonlike uitgawes, insluitend luukse ontwerpersklere. Hy het ook bedrieglik aansoek gedoen vir Covid-verwante werkloosheidsvoordele, al was hy ‘n mede-borg van ‘n wetsontwerp wat state sou help om bedrieglike werkloosheidsversekeringsvoordele vir Covid-19 terug te kry. Die ondervoorsitter van Demokratiese Huis-koukus, Ted Lieu, sê hy sal stem vir Santos se skorsing uit die Kongres: