Santos sê klagtes teen hom is heksejag

Die Republikeinse Party-kongreslid, George Santos, sê die 13 strafregtelike aanklagte teen hom is ‘n heksejag. Die klagte sluit in bedrog, diefstal van openbare fondse en geldwassery. Die klagstaat van 20 bladsye bevat sewe aanklagte van aanlyn-bedrog, drie van geldwassery, een van diefstal van openbare geld, en twee van vals verklarings in finansiële verslae aan die Huis van Verteenwoordigers. Die New Yorkse politikus ontken alle aanklagte teen hom. Santos sê die strafregtelike vervolging is ‘n sameswering om sy politieke loopbaan te skend: