Sanral maak 6,25%-aanpassing in toltariewe

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap het tolpadtariewe met 6,25-persent verhoog wat op die eerste van volgende maand in werking tree. Die tariefverhoging is minder as verlede jaar se 6,58-persent aanpassing. Die tariewe word jaarliks in ooreenstemming met die Verbruikersprysindeks aangepas. Vusi Mona van Sanral sê tol-inkomste is nodig vir die onderhoud, bestuur en verbetering van tolpaaie asook vir die vereffening van skuld wat aangegaan word om ‘n tolpadprojek in te stel. Sanral bestuur tans ‘n padnetwerk van 22 262 kilometer regdeur die land.