Sanlam Somerskool belê in joernaliste

Die 22ste uitgawe van die Sanlam Somerskool vir finansiële joernaliste vind tot 26 Oktober in Hartbeespoort, Suid-Afrika plaas. Twintig joernaliste uit Afrika neem deel, met Esmé Hanghuwo van Kosmos 94.1 en New Era se Victoria Kaapanda wat uit Namibië gekies is. Die tema is “Globale belastingwette en hul impak op handel en ekonomieë in Afrika in vandag se toenemend onderling verbind wêreld”. Die joernaliste se vermoë om die impak van globale belastingwette op Afrika-ekonomieë krities te ontleed en te kommunikeer, kan help om die publiek in te lig, beleid te beïnvloed en uiteindelik verandering te dryf. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Allim Milazi, kommunikasiebestuurder van Sanlam Groepkommunikasie in Johannesburg, wat die belangrikheid van die somerskool beklemtoon.