Sanksies oor wapenverskaffing aan Rusland

Amerika het sanksies ingestel teen twee Chinese maatskappye wat volgens hom saam met Russiese instellings werk om langafstand-hommeltuie te ontwerp en te bou. Dis die jongste strafmaatreëls teen firmas wat Rusland se oorlog teen Oekraïne ondersteun. Die Amerikaanse Tesourie sê hy gaan ook optree teen ʼn Russiese maatskappy en sy eienaar, Artem Yamshchikov, wat volgens hom ʼn tussenganger is tussen die firmas en ʼn Russiese wapenmaatskappy in staatsbesit. Die Chinese ambassade in Washington sê China se handel met Rusland is ooreenkomstig die Wêreldhandelsorganisasie se reëls.