Sanitêre doekies en skoolmeisies in die Nasionale Vergadering

Die leier van die amptelike opposisieparty PDM, McHenry Venaani, neem die kwessie van gratis sanitêre doekies vir leerders na die parlement. Venaani gaan ‘n privaatlede-wetsontwerp instel om die voorsiening van gratis sanitêre materiaal aan skoolmeisies in nood in Namibië te reguleer. Dit sal ook ‘n raamwerk vir identifikasie, verspreiding en monitering daarstel en voorsiening maak vir aangeleenthede wat daarmee verband hou. Manuel Ngaringombe, sekretaris-generaal van die PDM, sê die wetsontwerp is uiters belangrik.