Sandverhaar-Buchholtzbrunn nog nie klaar nie
Die rehabilitasie van die Sandverhaar – Bucholzbrunn-spoorlyn in die Berseba-kiesafdeling in die Karas-streek, behels die opgradering van die 40km-spoorweg van die huidige drakrag van 16 ton per as tot 18,5 ton per as. Die bie dokumente is reeds in die 2020-21 boekjaar aan die lynministerie oorhandig. Die opgradering van die lyn is krities vir mangaan uitvoere vanaf die Noord-Kaap deur die Lüderitz-hawe. Die mynmaatskappye neig al hoe meer na spoor vir vervoer omdat mark toestand wisselvallig is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Kendall Swartz, die uitvoerende hoof van kommersieel en bemarking by TransNamib.