Sandmyne terug in die nuus

Onwettige sandmynbedrywighede woed sedert 2015 en die omgewingsministerie het talle ingrypings gedoen om die bedryf te wettig en te verseker dat gebiede ook gerehabiliteer word. Noudat twee kinders in die Noorde verdrink het, is die kwessie weer in die nuus. Die omgewingskommissaris, Timoteus Mufeti sê dit bly ‘n reuse-uitdaging, veral in landelike gebiede.