Samoa verras Italië in Apia

Rugby: Samoa het Italië verras en die besoekers met 33-25 in Apia gewen, aan die begin van ‘n naweek propvol toetse. Die eilandbewoners het ‘n agterstand van 10-punte ingehaal en vier drieë aangeteken teenoor die Azzurri se drie. Italië was vooraf die gunstelinge nadat hulle gedurende die Ses Nasies met Wallis en Skotland afgereken het. Die oorwinning word as ‘n goeie begin beskou vir die nuwe afrigter en kaptein van Samoa, Mahonri Schwalger en Theo McFarland. Italië speel volgende week teen Tonga gevolg deur ‘n toets teen Japan in Tokio.