Samewerking oor water, grond nodig vir Lüderitz

In die lig van die opkomende groen waterstof- en olie- en gassektore, het die tweedaagse Lüderitz-belanghebbendekonferensie ten doel gehad om samewerking tussen belangrike rolspelers te bewerkstellig. Ongeveer 141 miljoen Nambiese dollar is deur die regering aan die infrastruktuur van die Lüderitz- en Aus-nedersettings bewillig. Kosmos 94.1 Nuus het met Bärbel Kirchner, van die Konstruksie-federasie gesels oor veral die water-uitdagings wat die konstruksie inhou.