Sam Nujoma-stadion kry uiteindelik aandag

Stad Windhoek neem uiteindelik stappe vir die opknapping van die Sam Nujoma-stadion, sedert dit in 2021 as onbruikbaar gestel is deur die Konfederasie van Afrika-sokker. Bie-dokumente is vanaf tien-uur by die munisipaliteit se hoofkantoor beskikbaar en die proses sluit volgende jaar op 23 Januarie. Daar is in Julie berig dat 7,7 miljoen Namibiese dollar nodig is vir die opknapping van die fasiliteit. Daar is blykbaar strukturele gevare. Die stadion is nog relatief nuut en is in 2005 voltooi teen ‘n koste van 64 miljoen dollar. Daar is 3,2 miljoen dollar in 2013/14 bestee op ‘n vatbaarheidstudie vir die opgradering van die stadion.